Vir die wat wonder: Ja, ons het die “varkhok” gedeelte van die rympie aspris uitgelaat, want ons hier by Leef in Styl is van die opinie dat, ongeag die grootte van jou beursie, jou huis nooit as ‘n varkhok beskou mag word nie. Veral met die hulp van die volgende dekor wenke wat almal se sak mooi sal pas:
1. Drukwerk vir daardie leë mure
As daar nou een ding is wat nuwe asem in ‘n nie so nuwe huis kan blaas, dan is dit kunswerk. Jy hoef uit die aard van die saak nie jou eerstegebore kind op te offer vir ‘n oorpsronklike Monet skildery nie. Daar is baie webtuistes waar jy goeie kwaliteit, pragtige printwerk verniet kan aflaai. Onder andere:
Die printwerk se koste is minimaal, veral as jy dit hou by monochroom fotos. Gaan maak dan ‘n draai by jou naaste tweede hand se winkel, en ons sal geld daarop sit dat jy ‘n pragtige raam met baie karakter daar kan kry vir jou nuwe print. Dit lei ons sommer na die volgende dekor wenk:
2. Dis nie nodig om alles nuut te koop nie
Nie net kan dit baie goedkoper uitwerk om te kyk vir tweede handse meubels en dekor nie, maar dit maak ook ‘n nuwe wêreld oop van unieke items wat jy nooit die kans sou gehad het om te oorweeg as jy net na die naaste winkelsentrum toe gehardloop het nie. Webtuistes soos Yaga, Gumtree, asook Facebook Marketplace is goudmyne vir oorspronklike dekor as jy oopkop is.
3. Swart is nie net gereserveer vir rokke nie
Maak nie saak wat die styl van jou huis is nie, ‘n swart dekor of meubel element is altyd welkom om die vertrek op te kikker en bietjie meer te moderniseer. Vat byvoorbeeld daardie ou hout skinktafel wat jy nou al vir jare dreig om uit te gooi en sproeiverf hom swart. Wees net gewaarsku dat as hierdie swart sproeiverf gogga eers gebyt het, dit moeilik is om van hom ontslae te raak.
4. Bypassende meubel stelle is iets van die verlede
As jy ‘n koffie tafel in ‘n winkel sien waaroor jy mal is, weerhou jouself van die gier om die bypassende kant tafel en TV kas ook te koop. Maak nie saak hoe mooi daardie koffie tafel is nie, die feit dat daar bypassende items is maak dit minder spesiaal en baie komersieel. Probeer eerder om meer van ‘n eklektiese ingesteldheid te hê wanneer jy nuwe (of ou) meubel en dekor inkopies doen.
5. Raak kreatief met huisplante
Alhoewel huisplante nie goedkoop is nie, het jy met bietjie navorsing (en baie geduld) nie veel nodig om mee te begin nie. Gaan kuier vir ‘n slag by daardie vriendin wat ‘n baie ongesonde huisplant obsessie het, vat vir jou ‘n skêr saam en vra vir steggies van haar plante wat jy kan gebruik om jou eie plant versameling te begin. Voor jy jou oë uitvee sal jy in ‘n biofiele oase bly wat, in ons opinie, nooit uit styl sal gaan nie. Die bostaande wenke sal jou oortuig dat jy wel die begroting het om jou huis op te gradeer op so ‘n manier dat dit pas by jou styl, ongeag of jy bly in ‘n huis, paleis of ‘n pandok.